Sussex Keurders kursus 2010
‘n Uiters suksesvolle Sussex keurders kursus is op 30 en 31 Julie te Huntersvlei aangebied. Die sentrale sussex klub lede was verantwoordelik vir die reëlings van hierdie belangrike dag op die Sussex kalender.
Die kursus was goed bygewoon deur 22 kandidate, wat gewissel het van beginners to senior. Telers en voornemende telers het van regoor die land gekom, en selfs een teler elk van Botswana en Namibië. Verrigtinge het Vrydagoggend begin, met ‘n aanbieding deur lede van die LNR, Siebert Vermeulen en Bernard Burger, oor prestasiemeting en beraamde teelwaardes.
Daarna het mnr. Dallas Phillips ‘n oorsig gegee oor die rasstandaarde en ons geskool in die manier waarop ‘n veilings katalogus gelees en verstaan word. Mnr Heinrich Bruwer, ervare stoetteler en bees kenner, het die praktiese sy van die verrigtinge hanteer, beide met behulp van ‘n skyfie vertoning en met ‘n praktiese demonstrasie.
Die dag se verrigtinge is afgesluit met ‘n heerlike braai wat deur die Huntersvlei personeel aangebied is.
Saterdag oggend na ‘n heerlike ontbyt, was dit klippe kou met die teoretiese eksamen, waarna die voornemende keurders die praktiese eksamen moes aflê, onder die wakende oog van mnr. Nico Bouwer en Heinrich Bruwer. Daarna is daar beoordeling in die ring gedoen deur die senior beoordelaars, wat hulle goed van hulle taak gekwyt het. Teen middagete was dit tyd om te groet en elkeen is weer sy eie koers in (vol geleerdheid natuurlik!)
Soos gewoonlik is Huntersvlei trots daarop om sulke geleenthede aan te bied en sodoende die genootskap by te staan met hierdie belangrike funksie. Die kwaliteit van ons diere maak dit ook ideaal vir sulke geleenthede
Volgende jaar maak ons dalk weer so!
kliek op die foto om te vergroot
