Huntersvlei Bulle in Namibië
Namibië Feb 2011
Ons was bevoorreg om vir ‘n week deur Namibië te toer en vyf Sussex telers te besoek. Die besoek het ons geneem na die distrikte van Windhoek, Gobabis, Aranos en Rehoboth. Al die distrikte wat ons besoek het, het meer as die normale reënval tot sovêr die seisoen gehad, en die weiding is in ‘n baie goeie toestand. Nodeloos om te sê, die beeste is in baie goeie kondisie.
Ons is baie vriendelik ontvang en is orals op die hande gedra. Ons het die geleentheid gehad om saam met al die telers deur hulle kuddes te gaan en beide die vroulike diere en bulle is van hoogstaande gehalte. Iets waarop hierdie telers voorwaar trots kan wees. Die Huntersvlei bulle vertoon besonder goed. Dit geld vir die bulle wat reeds geruime tyd in Namibië is, asook die rekord prys bul by die 2010 Huntersvlei produksieveiling.
Ons bedank graag al die betrokke telers en hul gades vir hulle gasvryheid en vriendelikheid tydens ons besoek.
Die Namibiese telers het onlangs ‘n Sussex klub in Namibië gestig, en die klublede en telers se name en kontak besonderhede is op die Sussex webblad beskikbaar by www.sussex.co.za onder die “members” hofie aan die linkerkant
Arno & Dallas
Kliek op die foto on te vergroot
