GEWAS INLIGTINGSDAG
22 MAART 2011
‘n Uiters suksesvolle PANNAR/OMNIA boeredag het plaasgevind op Huntersvlei op 22 Maart 2011. Ongeveer 60 boere en belangstellendes het die dag bygewoon.
Hierdie inligtingsdag is reeds geruime tyd ‘n jaarlikse instelling op Huntersvlei, en baie boere gebruik die resultaat van hierdie uitgebreide strookproewe in hulle besluitneming.
Sojabone het hierdie jaar vir die eerste keer deel uitgemaak van die gewas tentoonstelling, en daar is toenemende belangstelling in hoër plantpopulasies, wat nou ook ‘n belangrike deel van die proewe uitmaak. Die bemestingsproewe maak ook ‘n belangrike deel hiervan uit, met die huidige klem op spoorelemente, hetsy in die plant mengsel, of as blaarbespuiting.
Voorkomende bespuiting van verskillende swamdoders word ook ge-evalueer, om veral die voorkomende beheer van Grysblaarvlek te toets.
Die RHYS EVANS GROUP bedank graag al die medewerkers van PANNAR en OMNIA en die ander saadmaatskappye, vir volgehoue samewerking om te verseker dat die beste produkte beskikbaar is, en dat ons aan die voorpunt van produksie kan bly. Baie dankie ook aan die boere vir hulle belangstelling.
Enige iemand wat die dag nie kon bywoon nie is welkom om ons te kontak, of kontak u plaaslike PANNAR of OMNIA agent.
