Studietoer Finland 2010

Gedurende September het ek die geleentheid gehad om saam met ‘n groep boere as gaste van Valtrac Parys en Valtra Finland, besoek af te lê by Valtra se monteeraanleg in Jyvaskyla Finland, asook die Sisu enjin fabriek in Finland. Oppad soontoe het ons by die Pottinger fabriek in Oostenryk gedraai, waar ons die nuutste voermaak toerusting kon sien. By die Valtra monteeraanleg het ons die geleentheid gehad om die nuutste modelle te toetsbestuur, en wat ‘n ervaring was dit nie!

Ons het ook die geleentheid gehad om by een van die grootste saaiboere in Finland aan te doen en eerstehands met diè land se boerdery uitdagings kennis te maak. Alhoewel die weersomstandighede, grond, politieke situasie en ekonomie, drasties van diè van Suid Afrika verskil, was dit interessant om te sien dat die Finse boere met min of meer dieselfde uitdagings as Suid Afrikaanse boere sit. (Opbrengs, bemesting, bemarking, pryse, koste knyptang ens.)

Wat my egter opgeval het is dat ons geensins hoef terug te staan as dit by die toepassing van die nuutste tegnologie in boerdery kom nie, in sommige opsigte is ons hulle selfs voor. Een van ons grootste uitdagings, is om die eerstewêreldse tegologie toe te pas in ‘n derde wêreldse land met, in die meeste gevalle, ongeskoolde operateurs.

Na al die interresanthede het ek net weereens besef, ons het eintlik niks om oor te kla nie en Suid Afrika bly ‘n wonderlike land! Baie dankie aan Wynn Dedwith van Valtrac Parys wat die geleentheid moontlik gemaak het

Arno


Click on the image to enlarge