HUNTERSVLEI SLAGPALE

Verskaf die skakel tussen produsent, verwerker en die handel

Geleë naby Viljoenskroon, is die Huntersvlei slagpale wat gesertifiseer is vir uitvoere na die SADEC lande.

VARKVLEIS

Behalwe vir die 550 sog vark eenheid van die Rhys Evans Group, voorsien ‘n aantal varkboere binne ‘n radius van 50km, top gehalte varke aan die slagpale regdeur die jaar. Karkasse word aan kliënte landswyd voorsien.

BEESVLEIS

Die Huntersvlei slagpale voorsien top gehalte beesvleis op ‘n deurlopende basis. Dit word verseker deur die konstante voorsiening van die Rhys Evans Group se twee eie kuddes op die plase Huntersvlei en Skietlaagte.

REPUTASIE VIR KWALITEIT EN RAKLEWE

Alle Huntersvlei karkasse het ‘n reputasie vir kwaliteit en raklewe. Ons lê klem op naspeurbaarheid en deur uitstekende diens bou ons langtermyn kliënteverhoudings