Produksieveiling
Huntersvlei en Pothou gesamentlike veiling – 10 Aug 2011
Vir die tweede agtereenvolgende jaar word Huntersvlei en Pothou se gesamentlike produksieveiling aangebied op Huntersvlei Viljoenskroon.
45 bulle, 20 stoet vroulike diere en 320 kommersieële vroulike diere word aangebied.
Die Huntersvlei bulle is geharde 2 ½ to 3 jaar oud bulle, wat na hulle fase-D toets op die veld grootgemaak word, om te verseker dat hulle maklik onder u omstandigehede sal aanpas. Ons bulle is beproef regdeur die land, van die Kalahari, deur die Karoo tot in die Ooste en Noorde van die land. Hierdie jaar bied ons ook ‘n uitstekende groep poenskop bulle aan, wat ons bestaande genetika uitstekend aanvul.
Ons bied ‘n wye keuse van bulle vir die kommersieële teler aan, ongeag u teel stelsel of doelwitte. Kom kus uit ons bulle wat geskik is om verse mee oop te maak of om op u koeie te gebruik. Bulle wie se nageslag swaar speengewigte het en goed groei in die voerkraal of op die veld.
Die vroulike diere is van die bestes uit die kudde wat ons beskikbaar stel om u kudde te komplimenteer Sien die pamflet elders op die blad vir foto’s en hou hierdie blad dop vir meer inligting en die katalogus. Kom maak u keuse by die voorlopers!

