Grondbone

RE GROUNDNUTS – KONTRAKTE VIR 2010/2011 NOU BESKIKBAAR

ImageDescription


Suid-Afrika sit met ‘n groot mielie surplus en as gevolg bly mieliepryse op onekonomiese vlakke. Grondbone lyk vir baie boere ‘n oplossing vir hierdie aankomende seisoen.

RE GROUNDNUTS het minimum kontrak pryse vir die 2010/2011 aangekondig, wat baie aantreklik is, veral in vergelyking met huidige mieliepryse. Soos in die verlede, onderneem RE Groundnuts om heersende markpryse tydens die oes te ontmoet of selfs te verbeter. Die verskil tussen die minimum prys en die finale prys word deur middel van ‘n agterskot na aflewering van die oes uitbetaal.

Hou ook in gedagte dat RE Groundnuts rentevrye krediet op saad en chemikalieës as deel van die produksiekontrak aanbied.

Maak die somme en plant grondbone!

Skakel Koos Nienaber (tel 056 343 2892 of sel 083 632 3303) vir besonderhede.


Verskaffers van kwaliteit grondbone aan die plaaslike en internasionale mark

RE Groundnut is ‘n onder-afdeling van die Rhys Evans Group, wat handuitgesoekte Spaanse tipe grondbone verskaf aan die plaaslike en internasional mark, in ‘n ultra moderne dop en sorteeraanleg naby Viljoenskroon in die Vrystaat, ongeveer twee ure se ry Suid-Wes van Johannesburg.

Suid-Afrikaans gekweekte Spaanse tipe grondbone is wêreldwyd gesog a.g.v. hulle ronde vorm, besondere smaak en kwaliteit.

Die Rhys Evans Group, een van Suid-Afrika se mees bekende landbou en verwerkings maatskappye, het, benewens die grondbone, ook stewige belange in die vark en beesvleis bedryf asook gewasproduksie

Ons missie is om die plaaslike en internasionale mark deurlopend van top gehalte, handuitgesoekte grondbone te voorsien, gerugsteun deur uitstekende diens.RE Groundnut bied die volgende voordele aan sy kliënte:

• Moderne fasiliteite met gekwalifiseerde bestuur en personeel

• Betroubare kwaliteit gemeet aan die hoogste internasionale standaarde

• ‘n Uitstekende reputasie onder die boerdery gemeenskap verseker ‘n konstante voorsiening uit die droëland sowel as die besproeiings gebiede teen kompeterende pryse.

PRODUK INLIGTING

Die volgende produkte is beskikbaar op ‘n konstante basis regdeur die jaar:

• HPS (handuitgesoekte keur) in die volgende pitgroottes: 40/50, 50/60, 60/70, 70/80, 80/90

• Masjien skoongemaak: 100/130, Splits, UBS, pers

• Akwa en Tufa gesertifiseerde saad

VERPAKKING EN HOEVEELHEDE

Uitvoer:

Grondbone word verpak in 50kg hessian of polipropileen sakke, gelaai in 18 ton houers. 1 ton sakke kan ook voorsien word.

Plaaslike mark:

Verpak in hessien of polipropileen sakke en verkoop in vragte van 8 ton ot 36 ton

Saad:

50kg polipropileen sakke

Klein verpakkings:

500g, 1kg, 2.5kg, 5kg, 10kg