Gewasboerdery
Studietoer Finland 2010
Gedurende September het ek die geleentheid gehad om saam met ‘n groep boere as gaste van Valtrac Parys en Valtra Finland, besoek af te lê by Valtra se monteeraanleg in Jyvaskyla Finland, asook die Sisu enjin fabriek in Finland. Lees meer
Die Rhys Evans Group bestuur ‘n uitgebreide ekstensiewe saaiboerdery in die Viljoenskroon distrik van die Vrystaat. Ons doelwit is om ons posisie as een van die leiers in gewasboerdery in suid-Afrika te behou, deur moderne boerderymetodes
Mielies, grondbone en sonneblom word op ‘n gewas rotasiestelsel verbou. Deur gebruik te maak van die nuutste presisie tegnologie en bewaringsbewerking metodes, verseker ons optimale volhoubare produksie. Langtermyn sakeverhoudings met vooraanstaande saad en kunsmis maatskappye, dra daartoe by dat die maatskappy aan die voorpunt van die nuutste tegnologie en produkte kan bly.
Ons toegeweidheid tot natuur en bodembewaring word onderstreep deur ons effektiewe water afloopbestuur, bewaringsbewerking metodes sowel as die kompostering van die bees en varkmis uit ons voerkraal en varkboerdery. Die kompos is voldoende om ongeveer 250ha per jaar te bemes, wat ons minder afhanklik maak van chemiese bemesting.
Ons is trots op ‘n hoë standaard van beroepsveiligheid en gesondheid vir al ons werknemers. Gereelde opleiding in lewensvaardighede, beroepsveiligheid en gesondheid sowel as tegniese vaardighede, word op ‘n gereelde basis deur geakrediteerde instansies gedoen. Dit sluit ondermeer vakleerlingskappe in.
Kliek op die foto om te vergroot
